Brandpunt Fotoklub

Tuisblad

Byeenkomste

Dokumentasie

Skakels

Kontak

           
           

Voorbereiding van fotos        
         
         
Gebruik Photoshop of Lightroom of enige ander sagteware van jou keuse om jou fotos te verwerk van RAW (indien jy in RAW skiet) na 'n *.jpg lêer.

i)  Alle inskrywings vir  klubaande en  klubkompetisies word volgens die HD formaat ingeskryf:  1920 x 1080 pixels
ii)  ‘n Digitale beeld in portretformaat se langste sy mag nie meer as 1080 pixels wees nie.  Die kort sy sal dus minder pixels wees.
iii) ‘n Digitale beeld in landskapformaat se langste sy mag nie meer as 1920 pixels wees nie.  Die kort sy sal dus 1080 pixels of minder wees.
iv) Stoor enige elektroniese beeld in die *.jpg formaat nie groter nie as 1,2Mb (1200Kb) vir beoordeling by die klub .
v)  Dit dit maak nie saak op watter resolusie die beeld gestel is wanneer die beeld op die projektor vertoon word nie.