Brandpunt Fotoklub

Tuisblad

Byeenkomste

Dokumentasie

Skakels

Kontak

           

Of jy nou Brandpuntfotoklub of Brandpunt Fotoklub skryf, ons is ‘n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton en omgewing. Ons is ‘n jolige groep mense met ‘n passie vir fotografie. Of jy dit doen as 'n stokperdjie, en of jy al ‘n gesoute fotograaf is, ons bied iets vir almal.

Ons vergader aanlyn op Zoom tweekeer per maand, die Zoom skakel sal betyds aan lede gestuur word,  en tussendeur reël ons lekker uitstappies. Bywoning by die klub en uitstappies is altyd uit vrye keuse.

Die klub word finansieël deur jaarlikse ledebydraes ondersteun. Huidiglik R500 per lid per jaar asook vir Weglid.

Besoekers is altyd welkom en as jy belangstel om aan te sluit kan jy gerus eers so een of twee klubaande bywoon om te sien of jy daarvan hou.



Vir meer inligting skakel die Sekretaresse, Ingrid Orrock, +27 83 233 6906 oubene@gmail.com

Lidmaatskap aansoekvorm

 

       
  Wat's nuut? Maandelikse wenners en salonuitslae.
                    Lees ons Nuusbrief

                       
free counter